Screen Size

Jou eie Kruie- en Groentetuin

Winter is die ideale tyd vir brediegeregte. Wat is lekkerder as om groente en kruie uit jou eie tuin te gebruik? As jy nie weet wat om in die winter te plant nie, dink aan dit wat jy gewoonlik in ‘n bredie gebruik - Boerbone, Brokolie, Kool, Wortels, Spinasie en Rape. Hierdie groentes kan nou met saad gesaai word of as jy saailinge kan kry, kan jy dit nou ook plant. 

Meeste van jou kruie-varieteite is meerjarig, en as jy jou gestel ’n hupstoot wil gee vir die voorkoming van verkoues moet jy die volgende kruie en groente deel maak van jou wintertuin. 

Uie is seker een van die maklikste plante wat jy in die meeste disse kan gebruik wat griep afweer. Dit help ook dat jy lekkerder slaap en help ook met slegte spysvertering. Oor die algemeen is die hele ui familie ‘n natuurlike antibiotika en dit help ook met bloed sirkulasie. Knoffel is ook deel van hierdie familie. 

Seldery kan gebruik word om jou self mee te “de-tox”, jy kan dit sommer self kweek in jou eie tuin. 

Bulbinella is so algemeen, maar so min mense weet hoe belangrik dit eintlik is vir so te sê enige vel aandoening. Wanneer jy ‘n skaaf plek of insek byt het, kan jy die kalmerende jellie-agtige sap in die blare op die vel smeer en dit behoort die irritasie of pyn onmiddelik weg te streel.

‘n Slaai gemaak van gewone roket (Rocket), ook bekend as slaai Eruca en Pietersielie, is baie hoog in vitamienes en minerale.

As jy jou kruietuin aan die gang het, sal jy sien dat jy produseer baie meer as wat jy eintlik nodig het. Dis eintlik baie maklik om jou kruie te preserveer om dit later te gebruik. 

Om die meeste uit jou oes te kry moet jy die volgende basiese reëls volg:
Pluk jou kruie vroeg oggend sodra die oggend dou afgedroog het. Dit sal verseker dat jou oes nie fungusse kry nie. Om jou kruie droog te maak moet jy dit in ‘n koel donker area hang met goeie ventilasie waar sonlig dit nie sal bederf nie. Vars kruie kan ook in ‘n yskas gebêre word, maar dit moet nie te koud wees nie. Kruie met sagte blare soos bv Pietersielie, Basieliekruid, Koriander, Oregano, ens. kan selfs in ‘n ysbakkie geplaas word, opgevul word met water en so gevries word. Sodoende kan jy die kruie ysblokkie net so by jou kos byvoeg tydens voorbereiding.
Copyright © Garden World 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy